Cultural

Ietsie Mois Kersmark

25 Nov 2017 vanaf 08:00 AM by Bospoort Plot 125, Bela-Bela

Die jaarlikse Ietsie Mois Kersmark op Bela-Bela vind weer by Bospoort Plot 125 vanaf 8:00 tot 15:00 plaas. Daar sal ’n groot verskeidenheid uitstallers met kuns- en handwerkprodukte wees en kopers sal die Kerskouse met die mooiste geskenke kan vul. Die mark word in ’n lieflike tuin onder groot koeltebome aangebied en die kosstalletjies sal sorg dat niemand honger ly nie. Vir meer inligting oor die mark bel vir Junietha Blignaut by tel. 083 447 1648.


 

Junietha Blignaut - 083 447 1648