Entertainment

Optrede deur Lance James

27 Oct 2017 vanaf 00:00 AM by saal van die Tehuis vir Bejaardes in 8ste Straat, Mookgophong

Die Lewensvreug Dienssentrum op Mookgophong bied met trots ’n optrede deur Lance James in die saal van die Tehuis vir Bejaardes in 8ste Straat aan. Die optrede begin om 09:30. Toegang is gratis (kollekte sal opgeneem word) en almal is welkom. Daar sal ná die optrede gesellig verkeer word rondom ’n koppie koffie of tee en iets te ete.


 

-