Cultural

NG Kerk Waterberg (Witkerk) Modimolle Dankfees

26 Aug 2017 vanaf 00:00 AM by NG Kerk Waterberg (Witkerk) op Modimolle

Die NG Kerk Waterberg (Witkerk) op Modimolle hou hul Dankfees. Die Karnaval-tema beloof baie pret en vrolikheid. Daar is pap en kaiings of wors, sosaties, kerrie-en-rys, poeding, gesonde smulhappies en slaai by die deli, handwerk en snuffelware, plante, pannekoek (ook gevuldes), Hollandse stroopwafels en krokette en báie ander lekkernye. Vanjaar word ’n lewende uitstalling en aktiwiteite ter herdenking van die Hervorming 500 jaar gelede, ook aangebied. ’n Veiling, kinderaktiwiteite en kruiwaresies is ook op die program. Vir meer inligting, bel vir Tineke by tel. (014) 717 3993 of 073 156 3457.


 

Tineke - (014) 717 3993 of 073 156 3457