Entertainment

Abraham Kriel-kinderhuis Kunstefees

02 Jun 2017 vanaf 00:00 AM by Shangri-La Hotel, Modimolle

Die Abraham Kriel-kinderhuis op Modimolle bied weer die Abraham Kriel-kinderhuis Kunstefees by Shangri-La Hotel aan. Die fees skop die Vrydagaand af met Kevin Leo as “The Singing Chef”. Kaartjies vir die vyfgang maaltyd beloop R250. Kunsartikels sal op Saterdag, 3 Junie, te koop aangebied word en ’n verskeidenheid kunstenaars onder andere Monique, Ghapi, Matthys Roets en Sonja Herholdt sal optree. Daar sal ook ’n spesiale program vir kinders onder 12 aangebied word waar die kinders sinvol besig gehou word terwyl die ouers die fees geniet. ’n Erediens word vir Sondag, 4 Junie, beplan. Vir navrae bel vir Cecile le Roux by tel. (014) 717 5264 of by tel. 079 878 6297.


 

Cecile le Roux - (014) 717 5264