HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Wees slim en soek vroeg vir kanker


   10 November 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 450   l   5 months ago  

 


Wilna van den Heever van Kansa Waterberg besoek Bela-Bela op Donderdag, 16 November, om papsmere, borsondersoeke en velontledings te doen.

Die ondersoeke vind van 08:00 tot 16:00 by die kerksaal van die NG Gemeente Warmbad-Wes plaas. Die papsmere word met wegdoenbare toerusting gedoen en na Lancet-laboratorium gestuur vir ontleding.

Die koste vir ’n papsmeer en borsondersoek is R260 en uitslae sal binne ’n week beskikbaar wees.  

Sy bring ook die FotoFinder-masjien om moesies te ontleed en melanoom (velkanker) vroegtydig op te spoor. 

Die koste beloop R120 vir die eerste drie moesies en daarna word ’n verdere R30 gehef.

Sy sal verkieslik die velontledings die middag vanaf 14:00 doen. 

Afsprake is noodsaaklik. Bel vir Ansie le Roux by tel. 072 031 5384 vir ’n afspraak. Vir enige navrae is Wilna van den Heever telefonies beskikbaar by tel. 082 493 1884.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories