HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Groot kommer oor hondsdolheid


   27 October 2017   l   Christie Steyn    l   Views: 598   l   3 months ago  

 


Daar heers groot kommer onder die Vaalwater-gemeenskap ná die uitreiking van ’n waarsku-wing oor hondsdolheid in die Dorset-omgewing. 

Bertus Swanevelder, bekende beesboer in die omgewing, het aan Die Pos gesê hy het vermoed daar is fout met sy beeste nadat hulle aanhoudende gebulk het. Ondersoek is ingestel en Onderstepoort in Pretoria het drie van sy beeste positief vir hondsdolheid getoets. 

Swanevelder het aan Die Pos gesê die siekte is beslis aan sy beeste oorgedra deur ’n wilde dier in die omgewing wat sy beeste gebyt het. “Ek het op Vaalwater grootgeword en woon al 30 jaar in die Dorset-omgewing. Hierdie is die eerste keer dat ek van so iets hoor,” het Swanevelder gesê.

Veeartse en kenners van Onderstepoort vra dat mense in die omgewing op die uitkyk moet wees vir buitengewone gedrag van wilde diere, die aanhoudende gebulk van beeste en in erger gevalle skuim om die bekke van diere. 

Maak ook seker troeteldiere is of word teen hondsdolheid ingeënt.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories