HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Hier is goeie raad teen alge in vistenk


   22 September 2017   l   Justin Steyn    l   Views: 103   l   32 days ago  

 

Neusslakke maak ’n kleurvolle bydrae tot vistenke. Hulle is een van verskeie vissoorte wat help om vistenke op ’n goedkoop manier skoon te hou. Foto: Pinterest


Die opbou van alge in ’n vistenk is een van die grootste probleme wat troetelviseienaars ondervind. 

As die alge nie beheer word nie, kan dit ’n stinkende vistenk veroorsaak en ook tot die dood van die visse lei. Daar is wel goeie nuus wat ’n mens ure se skoonmaaktyd kan spaar.

Die Pos het navorsing gedoen oor drie algemene algevreters wat die opbou van alge sal verminder.

Die Siamese algevreter is ’n sterk swemmer en gretige eter. Hulle sal nie net die alge vreet nie, maar ook aan oortollige viskos, wat ander visse nie geëet het nie, smul.

Hierdie honger diertjie kan tot 15 cm lank word en oorleef in water met ’n temperatuur van ongeveer 25°C.

Neusslakke is ’n kleurvolle toevoeging tot ’n vistenk en sal help om die tenk skoon te hou. Hulle is van die gewildste varswaterslakke en is uitstekende tenkskoonmakers. Neusslakke kan met gemak teen glas uitklim.

Dan is daar ook die borselneuskatvis. Hierdie “goedkoop skoonmaker” is baie gewild in vistenks. Die visse sal dikwels gevind word waar hulle op hulle mae swem of aan die glas vassuig. Hulle benodig baie groen alge om te oorleef, asook ’n klipagtige oppervlak. ’n Aparte rotsskuiling moet aan dié visse voorsien word aangesien hulle snags baie meer aktief is en skuiling benodig om veilig te voel teen roofvisse. — Bronne: Fishkeepingadvice.com, pethelpful.com en fishlore.com

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories