HOOFSTORIES: •   Slimkoppe skitter in matriek   •   Strange murder in Spa Park   •   Vakansieganger haal krokodil uit swembad   •   Hittegolf tref Suid-Afrika   •   Hoofartikel: Krisis in onderwys staar SA in gesig   •   Brief: Spoedgrense verwarrend   •   Pad verspoel ná reën   •   EFF insist on land auditing report   •   Oujaar gevier met boeremusiek   •   Geliefde oud-onnie sterf   •   Kamp vir 23ste jaar aangebied
 

 
 

 

Toename in katgriep, waarsku dierekenner


   15 September 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 170   l   4 months ago  

 


Die Kranskop Dierekliniek op Modimolle waarsku diereliefhebbers dat daar die afgelope ruk ’n skerp toename in gevalle van honde met katgriep was. 

Dié dodelike siekte is moeilik om te behandel en kan ’n troeteldiereienaar duur te staan kom as hul hond opgeneem moet word. 

Dr. Marina Bredell van die kliniek moedig inwoners aan om hul honde te laat inent teen dié siekte, wat ook bekend staan as die parvo-virus. Dit is hoogs aansteeklik. 

Die naam katgriep is misleidend. Volgens Bredell kom dit nie meer van katte af nie, maar honde steek mekaar aan. “Alle honde onder twee jaar oud wat nie hul inentings as klein hondjies gehad het nie, moet ingeënt word. Vir klein hondjies is die inentings drie inspuitings ’n maand uit mekaar vandat hulle ses weke oud is. Daarna hoef hulle net jaarliks ingeënt te word,” het sy gesê. 

“’n Mens kan dié siekte as ebola vir honde beskryf,” het sy verduidelik. “Dit is ’n hoogs aansteeklike virus wat dikwels baie moeilik is om te behandel. Die diere moet gewoonlik vir ’n week lank op ’n drip gehou word sonder dat daar ’n waarborg is dat die hond sal leef.”  

Sy het gesê boererate werk nie en dat diere dikwels as gevolg daarvan verswak by hulle aankom. 

Die katgriepvirus kan ook lank op ’n erf oorleef en honde dan siek maak. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories