HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

Vaalwater se diere dán gratis ingeënt


   04 August 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 170   l   18 days ago  

 


Eienaars van troeteldiere op Vaalwater kan weer hul diere gratis teen hondsdolheid laat inent. 

Dit is ’n projek wat deur die departement van landbou se dieregesondheidsafdeling geloods word. 

Diere kan op Vrydag, 4 Augustus, tussen 09:00 en 11:00 by Olifantsbeen (Driehoek Voere) ingeënt word, tussen 12:00 en 14:30 by die Groenfontein-hoewes en tussen 09:00 en 16:00 in die Vaalwater-township by die Lesiding Hall. 

Diere kan ook op Maandag, 7 Augustus, van 08:30 tot 16:00 by die poskantoor ingeënt word. Inentings word op Dinsdag, 8 Augustus, tussen 09:00 en 10:00 by die Witklip-winkel gedoen, van 10:30 tot 11:00 by Buffelsfontein, van 11:30 tot 12:30 by Boschdraai en van 13:00 tot 14:00 by Sterkstroom (Sea Para School). Van 09:00 tot 10:30 is die span by die Melkrivierwinkel beskikbaar, van 11:00 tot 13:00 by die Sukseswinkel en van 13:35 tot 14:45 by Driefontein/Uitspan.

Hou Die Pos in Augustus dop vir verdere inentingsdatums.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories