HOOFSTORIES: •   Bekende boer sterf tragies   •   Leeus spring vergiftiging vry   •   Haarkapper dood in motorhuis gevind   •   Man by reservaat beroof en vasgebind   •   Fondsinsameling vir kankerlyertjie   •   Epilepsielyer breek rugwerwel   •   Bekende prokureur ontken skuld   •   Ongeluk eis vrou se lewe   •   Vrou met honderde katte vra hulp   •   Verkeersman rol motor   •   Diewe weer doenig op Noodhulp   •   Warries vier 70 goue jare   •   Vaalwater musician going places   •   Klub Helpmekaar groet staatmaker   •   Polisie hou bewusmakingsdag   •   Godsdiens steeds in skole   •   Spelers presteer goed tydens Bokkieweek   •   Local student studied in Cuba   •   Fly in weer ’n hoogtepunt
 

 
 

 

Slangvanger maak prostese vir diere


   23 June 2017   l   Justin Steyn    l   Views: 112   l   31 days ago  

 

Foto verskaf.


Cor Viljoen, ’n slangvanger van Bela-Bela, het besluit om ’n goeie daad te doen deur prostetiese ledemate vir behoeftige diere gratis te vervaardig.

Volgens Viljoen het hy die idee gekry toe hy onlangs ’n driedimensionele drukker gekoop het.

“Ek het begin Junie die drukker gekoop vir ’n klein onderneming wat ek wil begin. Ek het toe sommer besluit dat ek graag ook aan die ge-meenskap wil teruggee en hierdie masjien gaan gebruik om diere, veral troeteldiere wat ’n ledemaat verloor het, te help,” het hy verduidelik.

Viljoen het gesê hy het diereversorgings- en rehabilitasiesentrums genader om gebruik te maak van sy diens.

 Sy enigste vereiste is dat aansoeke gepaard gaan met ’n driedimensionele ontwerp wat hy met sy masjien kan druk.

“My drukker kan slegs ontwerpe van 14 cm in lengte, breedte en hoogte druk. In ’n geval waar ’n groter ledemaat verlang word, kan die ontwerp opgebreek en aan-mekaar gelas word.”

Viljoen het gesê die drukkery kan ’n lang proses wees en kan van drie dae tot ’n week neem, afhangende van die grote van die ledemaat wat gedruk moet word.

Hy het gesê hy het nie tans enige aansoeke vir die projek nie en hy nooi die publiek uit om van sy dienste gebruik te maak.

“Ek het wel kontak gemaak met ’n plaaslike organisasie wat aasvoëls rehabiliteer en aan hulle gesê dat ek snawels of ledemate vir hulle sal druk,” het Viljoen vertel. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories