HOOFSTORIES: •   Man in hof ná mesaanval   •   Huismoeder van kinderhuis in hof ná vuishou   •   Nuwe speaker en hoofsweep gekies   •   Massapatrollie verhoog sigbare polisiëring   •   Sirens blaring during police chase   •   Nuwe baadjie vir GPF   •   Inwoner sterf in vliegongeluk   •   Mookgophong in duister gelaat   •   Wees versigtig vir dodelike 'zombiedwelm'   •   Verdagtes verdwyn met vuurwapens   •   N-nommerplate nou onwettig op SA-paaie   •   Brief: Mugabe se bedanking welkom   •   Biblioteek kry groot skenking   •   Klein Hansies bedank vir prestasies
 

 
 

 

Behoefte vir organisasie wat na diere omsien


   23 June 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 192   l   5 months ago  

 


Planne is weer eens in werking om ’n dierewelsynsorganisasie of -sentrum op Bela-Bela op die been te bring.

Die dorp is al vir jare sonder ’n heenkome vir rondloperdiere. 

Die Pos het voorheen berig oor mense wat soortgelyke sentrums wou begin, maar dit nooit deurgevoer het nie.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het voorheen van die bestaande sentrums of projekte gedwing om hul deure te sluit omdat dit nie aan nasionale standaarde voldoen het nie. 

Etienne Kuhn van die Limpopo-misdaadingrypingseenheid (LCIU), het aan Die Pos gesê hy het groot planne vir die welsyn van diere in die omgewing.

Kuhn het gesê die welsyn van diere is tans een van die grootste behoeftes op die dorp. 

Die LCIU beplan om die geskikte grond en materiaal te bekom. Hulle het reeds navrae van mense ontvang wat by die projek betrokke wil raak, het Kuhn gesê.

Samesprekings tussen Kuhn en die Lionsklub op die dorp het volgens hom reeds plaasgevind om dié klub moontlik by die projek te betrek. 

“Ons is nog besig om die mees geskikte grond te bekom sodat mobiele hokke opgerig kan word. “Dit is baie jammer wanneer sulke projekte begin word en dan skielik doodloop weens sekere faktore. Ons kyk daarom na planne om die projek volhoubaar en permanent te maak.” 

Kuhn het voorts gesê die projek moet aan sekere wetlike vereistes voldoen aangesien daar beoog word om nie net huishoudelike diere in te neem nie, maar ook vee. Hy het gesê om die projek meer geloofwaardig te maak, moet dit by die owerhede geregistreer word.

Die organiseerders vra mense wat betrokke wil raak, om vir Kuhn by tel. 079 173 2421 te bel.

Kuhn het gesê hy hoop om die sentrum aan die begin van Septem-ber amptelik te open.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories