HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Bederf honde met heerlike sous


   09 June 2017   l   Justin Steyn    l   Views: 189   l   4 months ago  

 

Net soos mense van geurige souse oor hul kos hou, lek honde ook hul lippe af vir ’n lekker sousie. Foto: www.organicauthority.com


Net soos wat ons van sous op ons kos hou, is daar baie voordele om sous oor honde se kos te gooi. 

Volgens Twanet van der Linde, voorsitter van die Jedtwa Wildlife Centre op Bela-Bela, sal blikkies hondekos sonder sous honde vul, maar nie heeltemal versadig maak nie. 

Sy raai aan dat ’n bottel wat hondesous bevat vir ’n paar sekondes in die mikrogolfoond verhit word en oor die hondekos gegooi word. 

“Dit sal ’n normale blik kos sommer meer voedsaam maak en jou hond sal beslis versadig wees.”

Van der Linde het gewaarsku dat hondesous nie ’n maaltyd op sy eie is nie en dat dit nie ’n maaltyd kan vervang nie.

“Mense gooi tamatiesous oor hul kos. Dit het voedingswaarde, maar beteken nie veel as dit net so geëet word nie. Dit is dieselfde met hondesous,” het sy gesê.

Sy het wel ’n wenk vir wanneer hondesous net so vir honde gegee kan word.

“Dit is ’n baie ‘skelm’ manier om vir honde medisyne te gee. Jy kan byvoorbeeld ’n pil op ’n lepel sit en met die sous toegooi. Die kanse is goed dat jou hond dit sal aflek en sluk sonder om twee keer te dink,” het sy verduidelik. 

Alle souse moet egter noukeurig gekies word om seker te maak dat jou hond genoegsame voeding inkry vir sy ouderdom.

Laastens het sy ook gesê dat hondesous vir opleidingsessies gebruik kan word.

“Wanneer honde opgelei word, word hulle met ’n lekkerny beloon. Wat is nou lekkerder as ’n gewone hondekoekie? Een met lekker sous op wat jou hond sal aanmoedig om opdragte vinniger uit te voer,” het sy gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories