HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

Versorg honde en katte se pelse


   12 May 2017   l   Justin Steyn    l   Views: 193   l   7 months ago  

 

’n Behoorlike bad en borsel beskerm honde en katte teen parasiete. Foto: Theanimalrescuesite.com


Daar is ’n wanpersepsie oor wanneer en hoe gereeld honde en katte gebad moet word. 

Daar is selfs diegene wat voel dat troeteldiere nooit gewas hoef te word nie omdat “hul natuurlike olies hul skoon hou”. Die Pos het met Anne Hoffman van Anne se Hondesalon op Modimolle hieroor gesels.

Slegs een bad per maand is genoeg om honde en katte skoon te hou, het Hoffman verduidelik.

“Honde en katte moet omtrent een keer per maand gebad word en hul pelse moet ook met ’n opknapper gewas word. Die opknapper voed die vel en hou dit gesond,” het Hoffman gesê.

Hoffman het eienaars aangeraai om diere se pelse uit te kam om peste soos vlooie uit te roei. 

“Wanneer honde en katte gebad word, moet die hare behoorlik uitgekam word, veral as dit baie gekoek is, want onder daardie gekoekte hare skuil soms baie vlooie en bosluise.”

Volgens haar is dit veral nodig om klam koeke uit te borsel om te verhoed dat daar ’n broeiplek vir peste ontstaan.

“As hierdie koeke klam bly, is daar broeiplek vir parasiete. Partykeer is dit só erg onder die koeke, veral as dit teenaan die vel is, dat dit sere veroorsaak wat septies kan raak. As die diere in die huis slaap of soos by party mense op die bed, kan daardie goggas op jou en die beddegoed klim,” het sy gewaarsku.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories