HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Takel troeteldiere se maagprobleme


   13 April 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 89   l   6 months ago  

 


Maagaandoenings is een van die alge-meenste redes waarom troeteldiereienaars hul diere veearts toe neem. 

Dit is ontstellend as jou beste vriend siek is en natuurlik is dit ook vir hulle onaangenaam. 

“Diarree en braking kom om verskeie redes voor, wat kan wissel van redelik onskadelik tot ernstig,” verduidelik dr. Guy Fyvie, veterinêre raadgewer vir Hill’s Pet Nutrition. “Die algemeenste rede by honde is wanneer hulle iets eet wat hulle nie moet nie. Ander redes sluit in stres, voedselsensitiwiteit, parasiete (soos wurms), bakteriese infeksies en virusse of chroniese toestande wat insluit pankreatitis, kolitis en inflammatoriese ingewandsiekte.

Fyvie beveel aan dat troeteldiereienaars nie te lank moet wag om die troeteldier met ’n omgekrapte maag by ’n veearts te kry nie. “Wanneer diere diarree het en braak, verloor die liggaam water en elektroliete en die dier kan vinnig ontwater — veral jong diere en kleiner rasse.” 

Hy beveel aan dat die dier goed dopgehou word om die erns van die probleem vas te stel. “Jou troeteldier sal lusteloos raak ná net 2% verlies van sy liggaamsvloeistof, erg depressief ná ’n verlies van 5% en die risiko loop om dood te gaan nadat 10% van sy liggaamsvloeistof verloor is.”

Terwyl hoender en rys soms aanbeveel word om omgekrapte mae beter te maak, is dit sinvol om siek diere kos te gee wat klinies bewys is om hulle gesond te maak en hulle vinniger te laat herstel.

“Voer klein, gereelde maaltye tydens die herstelperiode en maak seker dat daar altyd skoon, vars water beskikbaar is.”

“Voorkoming is altyd beter as genesing,” sê Fyvie. 

“Om jou inentings op datum te hou, jou huis veilig vir troeteldiere te maak en voorsorgmaatreëls te tref vir wanneer jy nie daar is nie, verminder die kanse dat troeteldiere in die eerste plek siek sal word.”

Hoewel spysverteringsprobleme alledaags is, moet dit nie geïgnoreer word nie. “Daar is baie moontlike oorsake en dit kan tyd neem om die regte behandeling te kry. Vroeë ingryping kan die verskil tussen lewe en dood beteken.”

As troeteldiere met spysverterings-probleme sukkel, besoek die naaste veearts vir kundige raad of gaan na die adres www.HillsPet.co.za/digestive-health(.)

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories