HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Hoekom slaap katte so baie?


   17 February 2017   l   Justin Steyn    l   Views: 111   l   12 months ago  

 

Katte is natuurlike roofdiere en kan tot 15 uur per dag slaap. Foto: Catster.com


Katte is soms baie energiek en geniet veral die buitelewe. 

Tog bring hulle ook baie tyd op ons banke en beddens deur en slaap ure lank. Katte slaap gemiddeld 15 uur per dag en sommige tot selfs 20 uur.

Hierdie troeteldiere is gewoonlik in die vroeë oggendure aktief, asook laatmiddag. Hulle is saans nog meer aktief en dit is waarom hulle so rondskarrel wanneer hul eienaars self probeer slaap. 

Katte is gebore roofdiere, wat beteken dat hulle die energie wat hul opgaar, gebruik om te jag. 

Of dit nou is om agter balle aan te hardloop wat vir hulle gegooi word of wanneer hulle ’n voël bekruip, hierdie aktiwiteite verg baie energie omdat hulle so gefokus is om suksesvolle jagters te wees.

Moet ook nie dink dat Kiets heeltemal vas aan die slaap is nie. Wanneer ’n kat wel baie diep slaap, is hul lywe só geposisioneer dat hulle baie vinnig kan beweeg indien hulle in gevaar is of prooi ruik.

Klein katjies en baie ouer katte slaap egter meer as die gemiddelde volwasse kat. Katte se interaksie en lewenslustigheid hang af van hoeveel slaap hulle inkry. — Bron: PetMD.Com  

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories