HOOFSTORIES: •   Dorp maak harte oop vir gesin   •   Advertensieborde-sage kry nie einde   •   Community demands clean water   •   Three dead in major accident   •   Girlfriend allegedly killed by ex-lover   •   Mayor reaches out   •   Streetlight globes found in private home   •   Lyndansers samel blikkieskos in vir ouetehuis   •   Nuwe landbouwetgewing 'n bedreiging   •   Commitment and dedication pays off   •   Hansie bring brons na SA-kampioenskap   •   Kolskote vir beste skuts
 

 
 

 

Sandboas is skaam slange


   03 February 2017   l   Justin Steyn    l   Views: 219   l   2 months ago  

 

Sandboas is baie skaam en verkies om bewonder te word eerder as om gehanteer te word. Foto: Reptarium.cz 


Sandboas is uiters skaam troeteldiere.

Dié slangspesie wat in Afrika, Europa, Rusland en Noord- en Suid-Amerika gevind word, se algemeenste spesie wat as ’n troeteldier aangehou word, is die Keniaanse sandboa.

Arno Naudé, voorsitter van die Transvaalse herpetologiese vereniging, het aan Die Pos verduidelik dat hierdie slangsoort die meeste van sy tyd onder die sand deurbring. 

Hulle kom meestal net saans uit om prooi te jag.

Volgens hom word sandboas by die meeste troeteldierwinkels aangehou en ’n aanhoudings-permit word nie vereis nie.

Hierdie soort boa voed op klein knaagdiere en veral klein muise.

Volgens Naudé word hulle dikwels as skoudiere aangehou. Hy raai eienaars aan dat kinders nie sommer aan hul hokke moet peuter nie omdat die slang hulle van onder die sand af kan bekruip en byt. 

Naudé het gesê sandboas hoef nie noodwendig onder sand gehou word nie; koerantpapier kan vir hulle gebruik word om op te seil.

Hy het egter gewaarsku dat hierdie slangsoort nie baie daarvan hou om gehanteer te word nie. Eienaars moet eers toelaat dat die slang aan hulle gewoond raak voordat hulle hanteer word.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories