HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

Hokhoes by honde op Bela-Bela opgemerk


   20 January 2017   l   Justin Steyn    l   Views: 802   l   10 months ago  

 


Hokhoes (kennel cough) is ’n ernstige asemhalingsiekte wat onlangs ook by honde op Bela-Bela gediagnoseer is.

Die Pos het verskeie klagtes gehoor van inwoners wat gesê het dat hul honde se lewens deur dié siekte ontwrig word.

Twanet van der Linde, ’n honde-kenner op die dorp, het gesê sy is bewus van minstens vyf gevalle by haar hondeopleidingskool.

Die simptome van hokhoes kan so lank as 10 dae neem voordat dit waarneembaar is.

Simptome begin met ’n droë en harde hoes wat naderhand veroorsaak dat die honde slym opbring. Dit is egter moeilik om hokhoes uit te ken omdat ’n hond se lewens- en eetlus nie aangetas word nie.

Brongitis of longontsteking kan die hond se hoes vererger of die hond se eetlus aantas.

Die virus, wat in die lug voorkom, is hoogs aansteeklik vir ander ge-sonde honde en moet daarom nie kontak hê met ander wat die siekte opgedoen het nie.  

Slegs ’n mediese ondersoek kan bevestig of ’n hond hokhoes het.

Dit is egter nie nodig vir behandeling nie, solank die hond se hoes nie vererger nie en die hond wel ’n eetlus het. 

Hokhoes kan met inenting voor-kom word. Hierdie inentingsproses bestaan uit twee inentings wat met drie tot vier weke tussenposes toegedien word, en wat dan met ’n jaarlikse inenting opgevolg moet word. — Bron:Wahg.co.za

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories