HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Boksers laat waai met vuiste


   13 April 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 62   l   7 days ago  

 

Slaan hom! Die 19-jarige Karabo Mokupi van Phagameng het op Sondag 8 April sy debuut as beroeps-bokser by Emperor’s Palace gemaak. Hy het saam met die ervare ligswaar-gewigbokser Michael Markram in die kryt geklim. Mokupi het ná ’n goeie geveg met punte verloor. Foto: Alex van der Westhuizen 


Twee boksers van die Waterberge is besig om hul pad boontoe oop te baklei.

Die 19-jarige Karabo Mokupi van Phagameng het op Sondag 8 April sy debuut as beroepsbokser gemaak toe hy teen die bekende ligswaargewig Michael Markram te staan gekom het. Dié geveg het voor die groot geveg tussen Lerato Dlamini en Sydney Maleleku vir die wêreldboksraad (WBR) se internasionale veergewigtitel by Emperor’s Palace plaasgevind.

Boksgeesdriftiges het die geveg, wat deur Markram gewen is, as energiek en waaghalsig beskryf. Mokupi het met punte verloor. Hy word die afgelope drie maande deur Peet Oberholzer van Obie’s Boxing and Fitness Academy in Modimolle afgerig. 

“My droom is om die wêreldtitel na Modimolle te bring,” het ’n opgewonde Oberholzer aan Die Pos gesê. Die boksklub wat by Hoërskool Nylstroom geleë is, het oud en jonk gelok om hul rooi handskoene aan te trek. Belangstellendes kan kyk hoe die boksers oefen. 

“Hier is talent wat nog ontgin moet word,” het Oberholzer gesê. 

Mokupi is nie die enigste een op die dorp met vinnige vuiste nie. Hanru Botha (23) van Mookgophong is ook by dié klub geregistreer. Botha het sy eerste geveg as beroepsbokser op Vrydag 23 Maart teen die vierde gekeurde Mark Anthony Farah in die junior middelgewigafdeling gehad. Tydens dié kragmeting in Edenvale se gemeenskapsentrum het die geveg gelykop geëindig. 

Die topfiks Botha het Suid-Afrika vandeesweek tydens die Statebond Spele in Australië in die stoeispan verteenwoordig.  

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories