HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Goud vir die Nylies se kampioene!


   29 March 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 90   l   23 days ago  

 

Merke, gereed! Daniël Letsebe, Leonette Vosloo, Abram Kubjane, afrigter Jaco Vosloo,  William Mabena, Danel Niemann en Martin Vosloo was die Nylies se atlete wat aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap deelgeneem het. William en Abram het as o.19-kampioene uitgetree ná hul eerste plekke in onderskeidelik die 100 m en 800 m. Afrigter Martin Jansen van Vuuren en Mampheri Molepo was afwesig met die neem van die foto. 


Hoërskool Nylstroom spog met twee Suid-Afrikaanse atletiekkampioene ná die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap wat in Potchefstroom gehou is. 

Die Nylies is vanjaar kookwater op die atletiekbaan. Hulle kyk met nuwe respek na hul bane nadat vier van hul tuisgekweekte atlete onder die bestes in die land gereken word. William Mabena het die 100 m vir seuns o.19 in ’n tyd van 10.60 sekondes gewen. Hy het ook ’n silwer medalje vir sy tweede plek in die 200 m vir seuns o.19 gekry met ’n tyd van 21.16 sekondes. 

Abram Kubjane is die nuwe 800 m seuns o.19-kampioen nadat hy die ander atlete stof in die oë geskop het met ’n baie goeie tyd van 1:51.35.  Hy het ook ’n agtste plek in die 1 500 m vir seuns o.19 behaal. 

Leonette Vosloo het ’n vyfde plek in die finale ronde van die 100 m meisies o.17 behaal met ’n tyd van 12.48. Sy het ook ’n agtste plek in die finaal ronde vir 200 m meisie o.17 losgehardloop ná ’n seisoen se harde werk. 

Altesame sewe van die skool se atlete het gekwalifiseer om teen die room van die land se atlete deel te neem. 

Danel Niemann was agtste in die gewigstoot vir meisies o.17 met ’n afstand van 13.66 m. 

Die Nylies se atlete het dié seisoen rekords by bykans elke byeenkoms laat spat. 

Anton du Plessis, skoolhoof, skryf die goeie uitslae toe aan die twee afrigters én die atlete se besondere toewyding en harde werk. “Hulle het regdeur vakansies, reën en eksamens, maande lank ses dae ’n week geoefen,” het hy gesê.

Jaco Vosloo het vir William Mabena en Leonette Vosloo, sy dogter, afgerig. Sy seun Martin, Daniël Letsebe en Mampheri Molepo het ook aan die kampioenskap deelgeneem. “Ek loop oor van trots! Dat ’n plattelandse skool sulke fenomenale resultate behaal, is ongelooflik!” 

Vosloo het vir William ontmoet toe hy ’n leerder aan Mothlaka Motlala High School in Alma was. “Hy het een keer by die hoërskool kom oefen en ek kon sien dat dié kind kan hardloop. William het so ’n jaar en half gelede na Hoërskool Nylstroom geskuif en ons het aan sy hardloopstyl begin werk. Met nog afrigting gaan daar geen keer meer aan hom wees nie,” het Vosloo trots gesê.

Abram, wat oorspronklik van Mokopane afkomstig is, is deur die deurwinterde afrigter Martin Jansen van Vuuren afgerig. 

“Bekendes soos Ezekiel Sepeng het ons genader oor die atlete. Hy het gesê dat ons Abram se inligting moet deurgee sodat hulle hom met sy loopbaan vorentoe kan help,” het Vosloo gesê. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories