HOOFSTORIES: |
23 March 2018 l Marietjie Steenkamp | l Views: 231 l 28 days ago |
Dit is byna April en die gewilde Mauritz Hansen-rugbyweek is om die draai. Dié gewilde rugbyweek word weer by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong aangebied. Die toernooi begin op Dinsdag 3 April en eindig op Saterdag 7 April wanneer die twee beste eerste spanne sake sal uitspook om as wenner gekroon te word. Rudolf de Vos, ’n ouer van die skool, staan vanjaar weer aan die stuur van sake. Hy het aan Die Pos gesê daar het reeds 82 spanne ingeskryf om deel te neem. Daar sal 14 o.14-spanne wees, 14 o.15-, 20 o.16-, 10 tweede en 24 eerste spanne. Die wedstryde begin op die Dinsdag reeds om 07:30 op die rugbyvelde van Laerskool Eugène N. Marais en op die A-, B- en C-velde van die Hansies. De Vos het gesê ongeveer 246 afrigters en 1 804 seuns sal die 26ste Hansieweek beleef. Die seuns en afrigters sal by 12 vakansieoorde in die omgewing tuisgaan en ook by die Hansies se koshuis. Altesame 123 wedstryde sal oor die drie dae gespeel word. “Dit beloof om weer puik rugby op te lewer en ons sien baie uit na die week,” het George Klopper, hoof van Hans Strijdom, gesê. Vir verdere inligting kan die Hansieweek-webblad by www.hansieweek.co.za besoek word. |
0 Comments