HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Nylies slyp hul tande vir SA’s


   16 March 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 309   l   35 days ago  

 

Dié trotse leerders van Hoërskool Nylstroom gaan hul provinsie by die Suid-Afrikaanse kampioenskap verteenwoordig. Voor is Abram Kubjane, Leonette Vosloo en Martin Vosloo. Agter staan Daniël Letsebe, Mampheri Molepo, Danél Niemann en William Mabena. 


Nie minder nie as sewe van Hoërskool Nylstroom se atlete gaan aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap deelneem. 

Die byeenkoms vind van 21-24 Maart in Potchefstroom plaas. 

“Ons is baie opgewonde oor ons atletiek by Hoërskool Nylstroom. Die sewe atlete sal aan 11 items deelneem tydens die kampioenskap waartydens hulle Limpopo sal verteen-woordig. Ons sien uit na ’n klompie medaljes tussen hulle,” het René Oosthuizen, atletiekorganiseerder en self ’n oud-Suid-Afrikaanse atleet, gesê. 

Abram Kubjane sal aan die 800 m en 1 500 m vir seuns o.19 deelneem, Leonette Vosloo aan die 100 m en 200 m vir meisies o.17 en Martin Vosloo aan die 100 m-hekkies vir seuns o.15. 

Daniël Letsebe neem aan die 100 m en verspring vir seuns o.19 deel, Mampheri Molepo aan die 400 m-hekkies vir seuns o.19 en Danél Niemann aan gewigstoot vir meisies o.17. William Mabena neem aan die 100 m en 200 m vir seuns o.19 deel. 

William het die afgelope naweek tydens die provinsiale kampioenskap wat by die Universiteit van die Noorde se stadion gehou is, die 200 m vir seuns o.19 in 21.10 sekondes gewen en die 100 m in 10.31 sekondes. Leonette het die 100 m vir meisies o.17 in 11.81 sekondes afgelê en die 200 m in 24.97 sekondes. Dié atlete het vanjaar reeds bestaande rekords op die Nylies se bane laat spat. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories