HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Gewilde perderit word weer aangebied


   16 March 2018   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 114   l   35 days ago  

 

Michelle Beukes op haar perd Shadow tydens die plesierrit in Desember 2017.


Die perdryplesierrit wat in 2017 deur Johann van Heerden van Mookgophong aangebied is, was so gewild dat daar vanjaar meer as dubbel soveel ruiters verwag word. 

Van Heerden het gesê hy het besluit om sommer vroeg in 2018 weer so ’n plesierrit te reël.

Dié rit is vir Saterdag 24 Maart gereël en meer as 100 ruiters het reeds ingeskryf om die 20 km met hul perde aan te pak. 

“Die ruiters is van Mookgophong en die naburige dorpe,” het hy gesê. 

Die vorige plesierrit is op 9 Desember ge-hou en toe was daar sowat 54 perde en ruiters.

Die rit begin sommer vroeg voor dit te warm is. Ruiters ontmoet mekaar om 07:00 by die bekende Olifant-standbeeld buite Mookgophong. 

Die ruiters vertrek om 10:00 en keer dan weer om 14:00 terug. Van Heerden het gesê die rit sal deur die pragtige natuurskoon en langs waterstrome onderneem word. Van Heerden, wat al 50 jaar lank perdry, sal die ruiters lei en die roete aandui.

“Ruiters van enige ouderdom kan saamry, maar die ruiters moet darem ervare wees,” het hy gesê. Elke persoon ry op sy eie perd en daar is ongelukkig nie ekstra perde beskik-baar nie. 

Die ruiters hoef nie te betaal om die plesierrit mee te maak nie, maar hulle kan wel ’n kontantbydrae gee ten bate van ’n plaaslike versorgingseenheid vir bejaardes.

Die rit eindig weer by die Olifant met ’n makietie en vermaak deur ’n gaskunstenaar, prysuitdeling en ’n uitstalling van perdetoerusting. “Daar is geen pryse vir plekke verkry of kleredrag nie, maar slegs ’n gelukkige trekking. Dit is nie ’n kompetisie nie; dit is ’n rit vir plesier en om die pragtige natuur te geniet,” het Van Heerden gesê.

Enigeen wat belangstel om saam te ry, kan vir Van Heerden bel by tel. 072 054 9663.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories