HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Drawwers vol energie vir nuwe jaar


   09 February 2018   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 75   l   13 days ago  

 


Die Nylstroom-marathonklub het die jaar met hul drafskoene aan afgeskop. 

Die klub wy die jaar op Dinsdag 23 Januarie met ’n heerlike “trailrun” by Koro Creek-gholflandgoed in. 

Die klub se nuwe bestuur het, in samewerking met Johan Koch van Koro Creek, dié 8 km-roete uitgewerk en dit dien nou as die amptelike baan vir die gereelde tydtoetse.

Klublede en belangstellendes kom elke Dinsdag om 17:15 in die parkeerterrein voor die klubhuis bymekaar. Groot en klein, drawwers of stappers, is almal welkom. 

Die roete is uitdagend. Dit sluit 8 km sandpad in en genoeg op- en afdraandes om dit interessant te hou. Van die klublede sal aan die groot ultramarathons deelneem, maar die meeste is daar omdat fiks bly altyd makliker is as mense in ’n groep is. 

Johan Groenewald is die nuwe klubvoorsitter. Vir meer besonderhede, bel hom by tel. 082 491 6821. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories