HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Vatsó!


   03 November 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 196   l   20 days ago  

 

Foto: Herman Steyn


Laerskool Nylstroom het op Maandag, 16 Oktober, in Polokwane teen Laerskool Musina in die Limpopo-semifinaal gespeel.

Die Nylies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle was gou in die moeilikheid met vyf paaltjies plat vir slegs 35 lopies.

Die kaptein, Heinrich Steffen en Awie du Plessis,het egter ’n vennootskap van 81 lopies aangeteken en die span het uiteindelik 176 lopies aangeteken. Die Nylies het Musina vir 148 lopies uitgeboul en die wedstryd met 28 lopies gewen.

Die span het hiermee deurgedring na die finaal en dit is hul afrigter, Roelf Vorster, adjunkhoof van die Nylies, se 12de finaal as afrigter, waarvan hy sewe wedstryde gewen het.

Daniel Briel vier die val van een van Musina se paaltjies waarvoor hy hard gewerk het. Hy het drie paaltjies in ses beurte laat kantel. In die agtergrond is sy spanmaat, Zak du Plessis.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories