HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Skud jouself reg vir SuperSpar-wedloop


   03 November 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 209   l   3 months ago  

 


Die jaarlikse SuperSpar-wedloop wat deur die Warmbad/Bela-Bela-marathonklub aangebied word, is om die draai en atlete en stappers kan maar solank die veters in hul skoene ryg vir dié geleentheid.

Die wedloop is baie gewild en vind vanjaar op Saterdag, 11 November plaas. 

Dit begin en eindig op die sportterrein van Hoërskool Warmbad en daar is vier afstande waaraan atlete kan deelneem. Die 42,2 km marathon skop reeds die oggend om 05:30 af, die 21,1 km om 06:00, die 10 km om 6:15 en 5km pretstap om 06:30.

Daar is groot kontantpryse op die spel. Vooraf inskrywings sluit op Maandag, 6 November, en kan gedoen word by www.entrytime.com. Deelnemers kan ook die oggend van die wedloop by die wegspring inskryf en atlete wat nie ’n permanente padwedloopnommer het nie, sal R30 ekstra moet betaal vir ’n tydelike nommer. Inskrywingsgeld vir die marathon beloop R140, vir die 21,1 km betaal atlete R100, R40 vir die 10 km en die pretdraf is R30.

Vir meer inligting oor die wedloop skakel tel. 079 555 6934 of stuur ’n e-pos na belabelamarathon@gmail.com(.)

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories