HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Hinderniswedloop ’n eerste vir Bela-Bela


   13 October 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 83   l   11 days ago  

 

Atleet Sammy Nel was eerste oor die wenstreep in die vroue-afdeling. Die merk op haar skouer was as gevolg van haar eerste poging om die toue van die grond af te bereik.


Hindernisbaanwedlope is een van die vinnigste groeiende avontuursporte ter wêreld. 

Dit is egter ’n baie uitdagende en uitputtende sport vir diegene wat dit aandurf. 

Die eerste Actionman Obsticale Course Racing-byeenkoms in Limpopo het op Saterdag, 7 Oktober, by die ATKV-Klein-Kariba buite Bela-Bela plaasgevind. Die akteur Ben Kruger was ook teenwoordig en het die atlete aangemoedig.

Vir van die ouer garde wat nog hul jare in die weermag kan onthou, lyk dié sportsoort op die oog af amper soos die opleiding wat troepe deurgemaak het — met ’n stafsersant wat die deelnemers eers voor die wedlope laat opwarm.  

Deelnemers kon aan die 5 km- en 10 km-wedlope deelneem en moes verskillende uitdagings langs die roete voltooi. 

Deelnemers van die 10 km-wedloop moes 16 hindernisse binne ’n sekere tyd voltooi en in die 5 km-wedloop moes die atlete nege hindernisse voltooi.

By die hindernisse moes die atlete onder meer aan toue hang, oor balke met bande loop, onderdeur versperrings kruip, deur water hardloop en uiteindelik die wenstreep bereik nadat hulle van ’n hoë punt afgespring het.

Die algehele manswenner was Armin Botha wat die roete in ’n tyd van 47:19 voltooi het. Die vrouewenner was Sammy Nel wat die wedloop in 01:12:42 voltooi het.

Dié wedloop is die eerste van vier wedlope wat tot Julie 2018 sal plaasvind, waarna ’n algehele Actionman-kampioen aangewys sal word.

Volgens die organiseerders is dié sportsoort nie net vir atlete nie, maar ook vir mense wat daarvan hou om in die natuur uitgedaag te word.

Vir meer inligting oor die Actionman of om in te skryf, besoek die webtuiste www.actionman.co.za(.)

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories