HOOFSTORIES: •   Slimkoppe skitter in matriek   •   Strange murder in Spa Park   •   Vakansieganger haal krokodil uit swembad   •   Hittegolf tref Suid-Afrika   •   Hoofartikel: Krisis in onderwys staar SA in gesig   •   Brief: Spoedgrense verwarrend   •   Pad verspoel ná reën   •   EFF insist on land auditing report   •   Oujaar gevier met boeremusiek   •   Geliefde oud-onnie sterf   •   Kamp vir 23ste jaar aangebied
 

 
 

 

Soos visse in die water...


   13 October 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 84   l   3 months ago  

 

Laerskool Warmbad het in die laaste week van September hul Interhuisswemgala aangebied. Op die foto is ’n paar jong langasems tydens een van die swemitems se wegspring.


Laerskool Warmbad het op Woensdag, 27 September, hul interhuisswemgala aangebied waartydens ’n paar nuwe rekords opgestel is.

Lisbé Booysen het nege goue medaljes verower en drie rekords verbeter terwyl Jaco Groothof in die vryslag sy broer, Wian, se ou rekord verbeter het.

Buhle Tshabalala, ’n gr. 1-leerder, het twee rekords verbeter en vier goue medaljes verower.

Die organiseerders was veral beïndruk met Sibo Tshabalala wat goeie gees getoon en aan elke swemitem deelgeneem het.

Die senior Victor en Victrix Ludorums was Regardt Grobler en Lisbé Booyse en die juniors Buhle Tshabalala en Adele Schoeman. Foto’s: Herman Steyn

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories