HOOFSTORIES: •   Eskom gee uitstel vir terugbetaling van skuld   •   Polisie steeds op moordenaars se spoor   •   Plaasaanvalle nie altyd rasgedrewe   •   Swerm bye dood talle diere op plaas   •   Groot klopjag 'n sukses   •   Mookgophong-projekte vorder goed   •   Sielkundiges in hegtenis geneem   •   GPF versterk polisie se hand   •   Vyf jaar vir moord op baba   •   'Onwettige immigrant' vasgetrek   •   'Mercy' for Zimbabweans   •   Brief: Hoekom is radio so stil oor plaasaanval?   •   Hoofartikel: Gooi kole!   •   ERFENISDAG - viering van reënboognasie   •   Kleuterskool blaas 40 kersies dood   •   Rugbyklub vereer spelers
 

 
 

 

Nylstroom kraai koning


   14 July 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 129   l   2 months ago  

 

Die Nylstroom-rugbyklub het op Vrydagaand, 1 Julie, die span van Vaalwater met ’n telling van 59-12 behoorlik laat les opsê. 


Die Nylstroom-rugbyklub het op Vrydagaand, 1 Julie, op hul tuisveld met Vaalwater afgereken en sodoende vir hulle ’n plek in die Waterbergstreek se eindstryd verseker. 

Die eindtelling was 59-12. 

Die Nylies het van die begin af die krane oopgedraai en dit was vroeg reeds duidelik dat dit vir Vaalwater — wat sonder heelwat van hul staatmakers moes klaarkom — ’n opdraande stryd sou wees. Veral Nylstroom se losvoorspelers het baljaar en saam met die agterlyn die manne van Vaalwater van hul voete af gehardloop. ’n Pluimpie aan Vaalwater se spelers wat in die tweede helfte nooit gaan lê het nie en dit vir Nylstroom moeilik gemaak het om die wedstryd, soos in die eerste helfte, te beheer.

Vir Nylstroom het Meyer Ferreira (flank), JJ Pieterse (stut), Juandre Niewenhuis (skrumskakel) en Werner Smit (heelagter) uitgeblink. 

Nylstroom se laaste ligabepaling is op Vrydag, 7 Julie, teen Bela-Bela se Kwaggas (weg) gespeel waarna die finaal teen Mogol ook weg beslis sal word.

Volgens Martin Kleynhans, voorsitter van die klub, was Nylstroom se driedukkers Meyer Ferreira (3), Jaco Matthee, Pieter Pretorius, Juandre Niewenhuis (2), Werner Smit en Zekhele Masilana. Doelskoppe is aangeteken deur Martin van Heerden (5) en JJ Pieterse (1).

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories