HOOFSTORIES: •   Man in hof ná mesaanval   •   Huismoeder van kinderhuis in hof ná vuishou   •   Nuwe speaker en hoofsweep gekies   •   Massapatrollie verhoog sigbare polisiëring   •   Sirens blaring during police chase   •   Nuwe baadjie vir GPF   •   Inwoner sterf in vliegongeluk   •   Mookgophong in duister gelaat   •   Wees versigtig vir dodelike 'zombiedwelm'   •   Verdagtes verdwyn met vuurwapens   •   N-nommerplate nou onwettig op SA-paaie   •   Brief: Mugabe se bedanking welkom   •   Biblioteek kry groot skenking   •   Klein Hansies bedank vir prestasies
 

 
 

 

Dié skuts skiet in die kol


   14 July 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 172   l   4 months ago  

 

Lede van die Waterberg Defensive Pistol Club op Modimolle en Bela-Bela, asook die Zandrift Defensive Pistol Club op Vaalwater het in Junie aan die SADPA nasionale handwapenkampioenskap deelgeneem.


Lede van die Waterberg Defensive Pistol Club (WBDPC) op Modimolle en Bela-Bela, asook Zandrift Defensive Pistol Club (ZDPC) op Vaalwater, het die naweek van 17 tot18 Junie aan die SADPA nasionale handwapenkampioenskap deelgeneem.

Andries van Wijk het die eerste plek in die Revolver Sharp Shooter-klas verower en Alan van Rooyen het die tweede plek behaal. 

Christov Derks was eerste in die Revolver Marksman-klas. Henriette Erasmus het algeheel eerste geëindig onder die vroue. Die ander lede wat deelgeneem het, het ook baie goed gevaar.

Die klub bied maandeliks handwapenskietdae op hulle baan net buite Modimolle aan en skiet ook geweer, haelgeweer en “3 gun”. 

Belangstellendes wat graag by die klub wil aansluit, kan vir Kobus Loubser by Tambotie Mica op Modimolle bel by tel. (014) 717 3180.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories