HOOFSTORIES: •   Bekende boer sterf tragies   •   Leeus spring vergiftiging vry   •   Haarkapper dood in motorhuis gevind   •   Man by reservaat beroof en vasgebind   •   Fondsinsameling vir kankerlyertjie   •   Epilepsielyer breek rugwerwel   •   Bekende prokureur ontken skuld   •   Ongeluk eis vrou se lewe   •   Vrou met honderde katte vra hulp   •   Verkeersman rol motor   •   Diewe weer doenig op Noodhulp   •   Warries vier 70 goue jare   •   Vaalwater musician going places   •   Klub Helpmekaar groet staatmaker   •   Polisie hou bewusmakingsdag   •   Godsdiens steeds in skole   •   Spelers presteer goed tydens Bokkieweek   •   Local student studied in Cuba   •   Fly in weer ’n hoogtepunt
 

 
 

 

Skouspel in lugruim


   14 July 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 72   l   10 days ago  

 

Mark Hill in sy Antonov AN2.


Vliegtuigentoesiaste kan uitsien na die agtste jaarlikse Taildragger Fly-in wat deur die Nylstroom Vliegklub aangebied word. 

Die byeenkoms, wat die grootste van sy soort in die Suidelike Halfrond is, vind op Saterdag, 15 Julie, plaas. Verlede jaar het bykans 200 vliegtuie van regoor die land ingevlieg. Die Nylstroom Taildragger Fly-in is ’n hoogtepunt op baie vlieëniers en lugvaartgeesdriftiges se kalender. Tydens vorige byeenkomste was daar selfs ’n vlieënier wat van Australië af gevlieg het en in 2016 het Hartog Blok al die pad van Groot Brakrivier gevlieg met sy tuisgeboude RV6-stertwielvliegtuig.

Die Taildragger Fly-in word gereël deur Richard en Mariëtte Nicholson van Modimolle en met die samewerking van die Nylstroom Vliegklub. Die byeenkoms het die afgelope paar jaar met rasse skrede gegroei. Die Experimental Aircraft Association (EAA), waarvan Richard ’n jarelange lid is, bied ook hul ondersteuning. 

“Die Taildragger Fly-in bied jaarliks ’n finansiële inspuiting vir die dorp en is ’n slim bemarkingsaksie van ons Waterberg-omgewing,” het Mariëtte gesê. 

Hoewel die byeenkoms bekendstaan as die Taildragger Fly-in, is daar ’n verskeidenheid vliegtuie, helikopters en mikroligte vliegtuie te sien. Daar is ook jaarliks ’n groot aantal tuisgeboude vliegtuie. Die vlieëniers ding mee om gesogte pryse, waarvan beste lugmanskap, die oudste stertwiel- en oudste tuisgeboude vliegtuig van die gewildste pryse is wat gewen kan word. Daar is ook ’n prys vir die vrou wat eerste met haar vliegtuig tydens die byeenkoms land. 

Inwoners is ook welkom om die dag by te woon en die vliegtuie en vlieëniers se vliegvernuf te kom waardeer. Daar sal ’n verskeidenheid kosstalletjies wees, asook ’n laatmiddagbraai terwyl plaaslike kunstenaar, Jannie du Plessis, die vlieëniers vermaak met lekker saamsingmusiek.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories