HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

‘Ou manne’ ondersteun jong rugbyspelers


   09 June 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 324   l   2 months ago  

 


’n Golden Oldie-rugbywedstryd vind op Saterdag, 10 Junie, direk ná Hoërskool Nylstroom en Hoërskool Hans Strijdom se eerste spanne se wedstryd op Nylstroom se rugbyveld plaas.

Die wedstryd begin om 12:30 en al die spelers moet ouer as 40 wees. Dié wedstryd word gespeel om geld in te samel vir seuns wat die geleentheid gekry het om vir die junior Springbokkies in Argentinië te gaan speel. Steven Senena, Francois Weyers en Jeandre Croucamp, al drie van Hoërskool Nylstroom, is gekies om vir dié span uit te draf.

Ná die wedstryd sal daar lekker gekuier word met pap, sous en slaai wat voorsien word. 

Vir meer inligting, bel vir Debbie Groenewald by tel. 072 139 6714. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories