HOOFSTORIES: •   Gru-ongeluk eis twee lewens   •   Foreign nationals targeted   •   Dak van vulstasie windskeef ná trok stamp   •   Geen skoon oudit vir Limpopo-munisipaliteite   •   Nuwe selfoon-slenter   •   Narcotics anonymous wants to expand   •   SAPD-klopjag suksesvol   •   Human trafficking a 'multi-million industry'   •   Brief: Wat is die WARE waterprobleem?   •   Dansers wys hul staal   •   Vuurwarm skolerugby   •   Gholftoernooi in volle swang   •   Coetzee's keep cycling titles in family
 

 
 

 

Comrades-atlete hou dorpe se naam hoog


   09 June 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 112   l   20 days ago  

 

Jim Mogashwa het hierdie jaar by die Rhino Clothing Athletics Club van Pretoria aangesluit en het die Comrades in ’n tyd van 08:00:19 voltooi.


Die sowat 20 000 atlete wat op Sondag, 4 Junie, vir die 92ste Comrades-marathon aangetree het, het TV-kykers by die huis behoorlik laat naels kou.

Die Suid-Afrikaner Bongmusa Mthembu het Suid-Afrikaners se harte warm laat klop en was die algehele manswenner in die wedloop van 86,73 km in ’n goeie tyd van 5:35:34. 

Die vrouewenner, die Amerikaner Camille Herron, het die wedloop in 6:27:35 voltooi.

Atlete het by die Durbanse stadsaal weg-gespring en moes die verskillende afsnypunte haal of onttrek. 

Die afsnypunte was Pinetown (18,2 km), Winston Park (29,7 km), Drummond (42,7 km), Cato Ridge (56,7 km), Umlaasweg (66,7 km), Polly Shortts (79,2 km) en uiteindelik Pietermaritzburg (86,73 km).

Heelwat atlete in Die Pos se lesersgebied het vir dié wedloop ingeskryf, maar slegs ’n paar het die wenstreep gehaal.

Johan Koch van Modimolle het die wed-loop in 07:25:38 voltooi en Mike Sela-molela het dit in 08:00:11 voltooi. 

Kort op Selamolela se hakke was Jim Mogashwa met ’n tyd van 08:00:19. 

Koch het met ’n silwer medalje huis toe gekom, Mogashwa het ’n Bill Rowan en Selamolela ’n brons medalje verower.

Dewald de Waal, Ntsako Maswanganyi en Lucas Seleka het die wedloop ná meer as 11 uur op die pad voltooi en elk ’n Vic Clapham-medalje verower.

Seleka het gesê dat dit die eerste keer was dat hy voor gehardloop het in die sub 11-groep en hy is baie bly dat hy dit gemaak het. 

Estelle Paul van Bela-Bela het die wedloop in 09:03:40 voltooi en ’n brons medalje gewen.

Peter Kgabo, lid van die Bela-Bela-polisie, het die wedloop in 10:05:29 kafgedraf en Phillimon Tsatsi in 10:54:25.

Hulle het albei brons medaljes verower.

Paul het gesê sy gaan die volgende maand behoorlik rus voordat sy weer haar hardloop-skoene aantrek.

Kgabo het gesê hy beoog om aanstaande jaar aan sy tiende Comrades deel te neem, maar dat dit ook sy laaste Comrades sal wees.

Volgens hom is daar te min jongmense wat aan die sport deelneem en hy doen ’n beroep op atlete wat tydens plaaslike wedlope onder die top vyf eindig om saam met hom te begin oefen vir aanstaande jaar se Comrades. 

Bel hom by tel. 073 301 2895.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories