HOOFSTORIES: •   Beampte raakgery nadat motorryer teken ignoreer   •   Salusoord-inwoners moet ontruim   •   Community stands together; intruders arrested   •   Good news for Vaalwater residents   •   Eskom dreig om krag te sny op drie Waterberg-dorpe   •   Inwoner sterf in motorfietsongeluk   •   Slang sorg vir konsternasie by begraafplaas   •   Deviation of traffic to construct new bridges   •   Vermaak: Bekendes tree op by kunstefees   •   Diere kry swaar by Agri-skool   •   Netball girls shine   •   Plaaslike vissermanne katrol tiervisse in   •   Changes to improve MTB encounter in Waterberg
 

 
 

 

Marathonklub bied lekker pretloop aan


   10 February 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 181   l   3 months ago  

 

Dié foto is tydens een van die klub se vorige pretlope geneem.


Die Warmbad-marathonklub bied op Donderdag, 16 Februarie, ’n pretloop op die dorp aan.

Aangesien dié geleentheid kort ná Valentynsdag volg, vra die organiseerders dat elke atleet of stapper rooi aantrek. Deelnemers kan aan die 10 km of 5 km-wedloop op die Alma-pad deelneem. 

Waterpunte sal langs die roete beskikbaar wees en elke deelnemer sal ’n lekker geskenkie vir Valentynsdag ontvang.

Die eerste man en vrou oor die eindstreep in die 10 km, sal elk ’n mooi T-hemp ontvang.

Daar is geen formele inskrywings nie en mense hoef slegs vir die geleentheid op te daag.

Die pretloop skop om 17:30 by Laerskool Warmbad se koshuishek in Robertsonweg af.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories