HOOFSTORIES: •   Bekende boer sterf tragies   •   Leeus spring vergiftiging vry   •   Haarkapper dood in motorhuis gevind   •   Man by reservaat beroof en vasgebind   •   Fondsinsameling vir kankerlyertjie   •   Epilepsielyer breek rugwerwel   •   Bekende prokureur ontken skuld   •   Ongeluk eis vrou se lewe   •   Vrou met honderde katte vra hulp   •   Verkeersman rol motor   •   Diewe weer doenig op Noodhulp   •   Warries vier 70 goue jare   •   Vaalwater musician going places   •   Klub Helpmekaar groet staatmaker   •   Polisie hou bewusmakingsdag   •   Godsdiens steeds in skole   •   Spelers presteer goed tydens Bokkieweek   •   Local student studied in Cuba   •   Fly in weer ’n hoogtepunt
 

 
 

 

Rolbalklub nooi oud en jonk vir aandliga


   10 February 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 189   l   5 months ago  

 

Die Nylstroom-rolbalklub nooi werkende mense en ander belangstellendes uit om by hul weeklikse aandliga aan te sluit.


Die Nylstroom-rolbalklub moedig inwoners — oud én jonk — aan om by hul klub aan te sluit en deel te word van hul aandliga. 

Die aandliga is ’n informele byeenkoms waar daar tussen die rolbalspelery gelag en gekuier word. Die aandliga word veral bygewoon deur werkende mense wat nie bedags kan speel nie, maar ná werk wil ontspan. 

“Daar heers ’n baie gesellige atmosfeer. Die kinders speel langs die baan of sit en inkleur op die stoep. Daar is ook toeskouers wat kom kyk,” het Gerrie Riekert van die klub gesê.

Aan die einde van die seisoen word spanne vir die ligabyeenkomste gekies. Die wenners kan lekker pryse wen. Die klub hou ook pretweke waar die spelformaat aangepas word en die spel interessant gemaak word. 

Die klub verkoop ligte eetgoed teen lae pryse. 

Die aandliga word op Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00 gespeel. Die koste beloop R20 per aand en die balle en afrigting word verskaf.  

Vir meer inligting, bel vir Gerrie Riekert by tel. (014) 717 4273 of 082 894 0623 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories