HOOFSTORIES: •   Bekende boer sterf tragies   •   Leeus spring vergiftiging vry   •   Haarkapper dood in motorhuis gevind   •   Man by reservaat beroof en vasgebind   •   Fondsinsameling vir kankerlyertjie   •   Epilepsielyer breek rugwerwel   •   Bekende prokureur ontken skuld   •   Ongeluk eis vrou se lewe   •   Vrou met honderde katte vra hulp   •   Verkeersman rol motor   •   Diewe weer doenig op Noodhulp   •   Warries vier 70 goue jare   •   Vaalwater musician going places   •   Klub Helpmekaar groet staatmaker   •   Polisie hou bewusmakingsdag   •   Godsdiens steeds in skole   •   Spelers presteer goed tydens Bokkieweek   •   Local student studied in Cuba   •   Fly in weer ’n hoogtepunt
 

 
 

 

Groot fietstoer bring geld vir arm skole


   10 February 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 243   l   5 months ago  

 

Azhar Vadi beplan om deur 50 dorpe te ry en sowat 3 000 km regdeur Suid-Afrika af te lê om geld in te samel vir arm skole. Vadi sal op Vrydag, 10 Februarie, op Modimolle aankom. 


’n Ambisieuse fietsryer beplan om 50 dorpe te besoek en meer as 3 000 km af te lê om geld in te samel vir arm skole. 

Azhar Vadi en die Salaam Foundation, ’n geregistreerde niewinsgewende organisasie, nooi alle inwoners van die dorpe op hul roete om hulle te ondersteun of om ’n klompie kilometer saam met hulle te trap.  

Die #Riding4Saeducation-projek wil onder meer badkamers bou vir skole wat puttoilette het, kombuise en biblioteke in skeepshouers vestig en skoolskoene en fietse verskaf aan kinders wat daagliks lang afstande skool toe aflê.

Dié groot fietstoer het op Dinsdag, 7 Januarie op Musina afgeskop. Vadi en sy span word op Vrydag, 10 Februarie, op Modimolle verwag. 

Die fietsryspan sal deur die volgende dorpe ry: Beitbrug-grenspos, Musina, Louis Trichardt, Polokwane, Mokopane, Mook-gopong, Modimolle, Bela-Bela, Hammans-kraal, Pretoria, Laudium, Marlboro, Houghton, Robertsham, Soweto, Lenasia, Roshnee, Benoni, Springs, Evander, Standerton, Volksrust, Newcastle, Danhauser, Dundee, Glencoe, Ladysmith, Colenso, Escourt, Howick, Pietermaritzburg, Durban, Port Shepstone, Margate, Harding, Kokstad, Mount Frere, Mthatha, Butterworth, Oos-London, King Williams Town, Grahamstown, Port Elizabeth, Jeffreysbaai, Plettenbergbaai, Knysna, George, Mosselbaai, Swellendam, Cape Agulhas, Hermanus, Botrivier, Kaapstad en Kaappunt. 

Die toer sal volgens die beplanning middel-Maart by Kaappunt eindig. 

Inwoners wat skole wil benoem om by die projek te baat of diegene wat wil saamry, kan ’n e-pos stuur aan info@salaamedia.com(.) 

Die groep het reeds verskeie boorgate by skole geboor en was ook betrokke by Operation Hydrate op Modimolle. Hulle het ook groentetonnels by skole opgerig. 

Diegene wat die fietstoer se vordering wil dophou, kan @salaamedia op Twitter, Instagram of Facebook volg. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories