HOOFSTORIES: •   Dorp maak harte oop vir gesin   •   Advertensieborde-sage kry nie einde   •   Community demands clean water   •   Three dead in major accident   •   Girlfriend allegedly killed by ex-lover   •   Mayor reaches out   •   Streetlight globes found in private home   •   Lyndansers samel blikkieskos in vir ouetehuis   •   Nuwe landbouwetgewing 'n bedreiging   •   Commitment and dedication pays off   •   Hansie bring brons na SA-kampioenskap   •   Kolskote vir beste skuts
 

 
 

 

Hansies begin atletiekseisoen op hoë en fikse noot


   03 February 2017   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 278   l   2 months ago  

 

Anneri Gravett, die Hansies se senior Victrix Ludorum, en Mokone du Preez, borg.


Hoërskool Hans Strijdom se jaarlikse Bokkesport het op Vrydag, 20 Januarie, plaasgevind. 

Die Elande het die sangbeker gewen en die Gemsbokke die atletiekbyeenkoms. Die Hansies het ook op Vrydag, 27 Januarie, tuis teen Hoërskool Piet Potgieter en Hoërskool Ellisras meegeding. Die atletiek was uitstekend en die Hansies het puik presteer. 

“Ons het vanjaar ’n gedugte span waarmee rekening gehou moet word,” het George Klopper, hoof van die Hansies, gesê. Die atlete is hard aan die oefen met die oog op die interhoër wat vanjaar by Hoërskool Frikkie Meyer op Thabazimbi aangebied word.

Verskeie van die Hansies het ook aan die Area-byeenkoms deelgeneem wat op Dinsdag, 31 Januarie, by Hans Strijdom plaasgevind het.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories