HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Nylies verwelkom nuwe hoof


   09 February 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 817   l   13 days ago  

 

Anton du Plessis is die nuwe hoof van Hoërskool Nylstroom. Hy was voorheen skoolhoof by Laerskool Ellisras. 


Daar is ’n nuwe skipper aan die stuur by Hoërskool Nylstroom.

Anton du Plessis, wat voor-heen die hoof van Laerskool Ellisras was, het op Donderdag 1 Februarie as skoolhoof by Hoërskool Nylstroom begin. 

Die een se verlies is die ander se wins. Die Nylies is in hul skik dat die 47-jarige Du Plessis, wat 11 jaar lank hoof op Lephalale was, die pos aanvaar het. 

Du Plessis was voorheen ook by Laerskool Unitas op Swart-water. Hy het aan die destydse Normaal Kollege in Pretoria studeer. 

“Dit was vir my ’n hartskuif. Ek wil graag deel van jongmense se lewens wees,” het hy gesê. “Die Nylies se dissipline en die respek waarmee hulle my tot dusver behandel het, het my beïndruk,” het hy gesê.

Dissipline,” belowe hy, “sal op peil wees. Ons wil graag na ’n kind se totale menswees omsien,” het Du Plessis aan Die Pos gesê. 

Hy het benadruk dat die Nylies mededingend gaan wees; nie net op die sportveld nie, maar ook in die klaskamer en op kulturele vlak. “Deelname is vir my belangrik — almal moet be-trokke wees,” het hy gesê.

Du Plessis se gesin is steeds op Lephalale. “My dogter, Anelia, is besig met haar gr. 12-jaar by Hoërskool Ellisras en my vrou hou skool by Laerskool Ellisras. Ons sal Anelia kans gee om haar laaste skooljaar daar te voltooi voordat my vrou ook hierheen trek,” het hy gesê. Sy oudste dogter, Lu-Mari, is ’n tweedejaar student in gasvryheidsbestuur in Pretoria. 

Isak Enslin, wat as skoolhoof waargeneem het, het met ’n breë glimlag aan Die Pos gesê: “Ons is baie in ons skik met die nuwe aanstelling!”

  • Hou Die Pos dop vir nuus oor nóg twee nuwe hoofde. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories