HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Idees vir kosblikke


   26 January 2018   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 71   l   3 months ago  

 


Hier is kosblik-idees om die pakkery te vergemaklik. Kombineer die idees om so naby aan die vyf-’n-dag-doelwit te kom as wat jy kan.

  • Gisteraand se oorskietkos werk goed 
  • Kaasblokkies
  • Koue vleis soos ham en salami 
  • Droë wors en biltong
  • ’n Hoenderborsie in repe gesny saam met ’n sousie
  • Tuisgemaakte of gekoopte klein pizzatjies met kaas, pynappel en tamatiepuree
  • Muffins — eerder die semelsoort
  • Franse braaibrood (brood gedoop in geklitste eier en daarna gebraai in ’n pan).
  • Toeknyp- of roosterbroodjie met ’n vleis- of kaasvulsel
  • Gekookte eiers (as jy wegneemetes koop, hou die sout- en souspakkies — dit werk goed vir kosblikke)
  • Rosyne en grondbone
  • Droë vrugte en/of neute
  • Gevriesde frikkadelle
  • Wortel-en-komkommerstokkies, kersietamaties
  • Soutbeskuitjies met kaas of ander smere.
  • Vrugte soos ’n appel, nartjie, lemoen, druiwe, piesang, aarbeie, perskes of skywe pynappel
  • Pastaslaai met groente/tamaties en ’n proteïen soos tuna of hoender. Oorskietrys werk ook goed vir ’n vinnige, gesonde slaai 
  • Jogurt (vries dit die aand vooraf, dan is dit ontdooi, maar koud teen speeltyd)
  • Klein souttertjies wat in ’n muffinpan gebak is (bêre in vrieskas en haal uit soos nodig)
  • Bobotie in blokkies gesny wat met die hand geëet kan word, werk goed vir kosblikke — dit vries ook goed 
  • Tuisgemaakte of gekoopte muesli-stafies
  • Springmielies

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories