HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Op julle merke, gereed ... eet!


   26 January 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 148   l   27 days ago  

 


“In my dae het jy geëet wat in jou kosblik was en dit was meestal ’n grondboontjie-bottertoebroodjie. Behoede jou as daardie broodjie nog in jou kosblik is as jy tuiskom,” het een van Die Pos se lesers laat hoor. 

Deesdae is foto’s van die allermooiste, keurig gepakte kosblikke oral te sien. Beteken dit dat ’n mens jou kind afskeep met ’n gewone toebroodjie? Allermins!

Dieetkundiges beveel aan dat kinders elke dag van al vyf voedselgroepe eet. Die voedselgroepe is stysel (brood, rys en aartappels), proteïne (vleis, eiers, bone), melk en suiwelprodukte (kaas en jogurt), vrugte en groente, vette en olies (botter, margarine en olyfolie). 

Elke kosblik hoef nie noodwendig al dié te bevat nie. 

Kyk na wat die kind deur die loop van die dag eet en kompenseer dan tydens ’n volgende ete met meer groente of meer proteïne of wat ook al kort. As pap (stysel) vir ontbyt geëet is, oorweeg dit byvoorbeeld om nog iets behalwe ’n broodjie (stysel) in te pak vir speeltyd om nader aan die dag se oogmerk vir die vyf voedselgroepe te kom.

’n Gesonde kosblik, wat nie te veel suiker en verwerkte kosse bevat nie, gee kinders volhoubare energie deur die skooldag en sal hulle help om beter te konsentreer. 

Hou by wat in jou begroting pas. Met goeie beplanning en kreatiwiteit kom ’n mens ver. Werkende ma’s kan die tyd-aspek omseil deur slim te werk en vooruit te beplan. Maak oor naweke kos wat kan vries of hou ’n paar niebederfbare opsies in die spens. In ons warm klimaat kan dit net so gevries in ’n kosblik gepak word en teen speeltyd is dit reeds ontdooi. 

’n Blink idee is om kleiner items in foelie of kolwyntjiepapiertjies te pak as jy nie ’n kosblik met kompartemente het nie. 

Vir besige lyfies is die versoeking om eerder te gaan speel as eet groot. Dit maak dit makliker as hulle hul kos kan vashou terwyl hulle op die speelterrein beweeg. 

Monique Nel, ’n geregistreerde dieetkundige van Bela-Bela, het ook die volgende raad gegee. 

“Verdun 100% vrugtesappe met water, want dit bevat baie suiker. Gewone water is ’n goeie keuse. Onthou om eers kos te eet en daarna koeldrank of water te drink. Te veel suikerbelaaide sappe of koeldranke onderdruk hul eetlus en verhoog die hoeveelheid kalorieë wat hulle inneem. Jou kind kry dan nie genoeg voedsame kos in nie,” het sy gesê

“Kyk na die hoeveelheid versadigde vette in kosse soos koek, koekies, skyfies, roomys, pizza en kaas. Eet dit net soms en in kleiner hoeveelhede. Eet eerder kos met gesonde vette soos ongesoute neute, avokadopere en grondboontjiebotter. Te veel sout is ook nie goed nie. In volwassenes verhoog dit die kanse op hoë bloeddruk en ander chroniese siektes,” het sy gesê. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories