HOOFSTORIES: |
15 December 2017 l Die Pos-span/The Post team | l Views: 388 l 4 months ago |
Frikkie Geyser en Ruan Swan is vir hul prestasies beloon. Frikkie is die sportseun van die jaar en was die kaptein van die o.13 rugbyspan wat as ligawenners aangewys is. Hy is ook die eerste span rugbyspeler van die jaar, eerste span bouler van die jaar en eerste span krieketspeler van die jaar. Ruan is ook die sportseun van die jaar, die senior Victor Ludorum, senior veldatleet en o.11-rugbyspeler van die jaar. Saam met hulle op die foto is Douw Mellet, skoolhoof.
Die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool op Mookgophong het einde November hul prestige prysuitdeling gehou om uitblinkers te vereer. |
0 Comments