HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

Ouers moet met kinders praat oor veiligheid


   09 June 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 189   l   2 months ago  

 

Kleinmagetryn se kleuters met hul “Ek kan nee sê”-pamflette wat hulle tydens Kinderbeskermingsweek ontvang het.


Rata Maatskaplike Dienste op Modimolle het tydens Kinderbeskermingsweek van 28 Mei tot 2 Junie seker gemaak dat jong kinders wéét wat hul regte is. 

Met behulp van Parmant die krokodilletjie, ’n karakter uit ’n kinderboek, het hulle kinders by verskeie kleuterskole geleer van toepaslike en ontoepaslike aanraking. Elrita Roos het vir die kinders voorgelees uit die boek waar Parmant hulle leer dat hulle “nee” kan sê wanneer iemand ontoepaslik aan hulle vat. 

Die kleuters het ook elkeen ’n pamflet ontvang wat verder verduidelik waaroor dit gaan. Lize Fouché, ’n maatskaplike werker by die organisasie, het ouers aangemoedig om die pamflet met hul kinders te bespreek en seker te maak dat hulle verstaan wat daarin staan. Dit gee ouers die geleentheid om ’n vertrouensverhouding en openlikheid by hul kinders te kweek, wat dit vir kinders makliker sal maak om oor dié onderwerp te praat. 

Rata het Kleinmagetryn-, Bosveldapies-, Klein Vyf-, Waterberg Kleuterland-, Klein Treetjies-, Kleuterakademie- en Brakanjan-kleuterskole besoek. 

Die maatskaplike werkers het boekmerke in Afrikaans, Engels en Sepedi, met wenke vir kinders om hulself veilig te hou, uitgedeel. Hierdie boekmerke is beskikbaar by Rata se kantoor teen ’n donasie.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories