HOOFSTORIES: |
13 April 2018 l Ronél van Jaarsveld | l Views: 394 l 7 days ago |
Eskom het die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit in Maart twee weke kennis gegee voordat beurtkrag toegepas sou word weens meer as R244 miljoen se skuld.
Inwoners wat gedink het hulle kan die geld wat hulle eenkant gesit het vir ’n kragopwekker nou op ’n seevakansie of biltongjag bestee, moet dit heroorweeg. Die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit is reeds weer R22 miljoen agterstallig op hul Eskom-rekening, het Marlene van Staden, burgemeester, by navraag aan Die Pos bevestig. Die kragverskaffer het die munisipaliteit in Maart twee weke kennis gegee voordat beurtkrag toegepas sou word weens meer as R244 miljoen se skuld. Die eerste kennisgewing was reeds verlede jaar. Ná ’n hofaansoek deur die Waterberg-sakekamer, Kokanje-aftreeoord in Modi-molle en Waltkon-slaghuis in Mookgo-phong het Eskom geskik en onderneem om nie beurtkrag in te stel nie, het Die Pos vroeër berig. Hulle het egter gemaan indien die munisipaliteit weer agterstallig raak, sal hulle beurtkrag toepas nadat die proses wat die Wet op die Bevordering van Admini-stratiewe Geregtigheid (Paja) bepaal, gevolg is. Die proses duur gewoonlik tussen agt en 12 weke en die publiek het 30 dae vanaf die publikasie van die kennisgewing om voor-leggings te maak. “Ons kort ’n wonderwerk of elke persoon wat die munisipaliteit geld skuld, moet hier-die week betaal,” het Van Staden in reaksie aan Die Pos gesê. Die munisipaliteit skuld Magalies Water na wat verneem word ook sowat R16 miljoen. Verskeie partye is naarstigtelik op soek na oplossings vir die probleme wat die munisi-paliteit se groot skuldlas meebring. Die po-litieke bestuurspan, sowel as lede van die burgerregte-organisasie AfriForum en die Waterberg-sakekamer, het by Rob Tooley, die provinsiale LUR vir finansies, en Jerry Ndou, die LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings, om hulp aangeklop. Van Staden het op Maandag 9 April gesê hulle wag nog op ’n antwoord. Die pos van munisipale bestuurder, wat verantwoordelik is vir die maak van beta-lings, is vakant. Die vorige bestuurder, OP Sebola, se kontrak het einde Maart verstryk en onderhoude vir ’n nuwe aanstelling moet nog gedoen word. Volgens Van Staden gaan elke departement tans self voort met hul verantwoordelikede. (Lees ook die voor-bladberig oor hofsake oor die aanstelling van die nuwe munisipale bestuurder.) |
0 Comments