HOOFSTORIES: |
13 April 2018 l Lorrain Loots | l Views: 27 l 7 days ago |
Dr. Albert Poortier, ouddokter van Vaalwater, was vir ’n kort kuiertjie in Suid-Afrika nadat hy en sy gesin onlangs na Nieu-Seeland geëmigreer het. Hier staan hy en Melony van Dykstra, een van sy oudpasiënte, voor die munisipaliteit en biblioteek se ysterhek en kuier.
Inwoners van Vaalwater was gelukkig om in dr. Albert Poortier, wat onlangs die land verlaat het, vas te loop. Poortier, ’n gewilde huisarts van Vaalwater, en sy gesin het na Nieu-Seeland geëmigreer. Poortier en sy vrou, Karien, en hul twee seuns het egter vir twee weke kom kuier om nog ’n paar sake af te handel. Poortier het sy gesin vir ’n rukkie in Suid-Afrika agtergelaat en op Saterdag 7 April weer terug Nieu-Seeland toe gevlieg. “Hulle knap die huis waarin hulle op die dorp gebly het op en omskep dit in ’n selfhelpgastehuis,” het Hester van der Watt, Poortier se skoonma en tans onderwyser by Waterberg Academy, aan Die Pos gesê. Poortier is baie gelukkig met die skole en sy werksomstandighede in Nieu-Seeland, het Van der Watt gesê. “Ek is baie dankbaar vir die ekstra weke met my kinders hier.” |
0 Comments