HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Duisende tieners dra dié naweek boodskap van hoop uit


   06 April 2018   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 491   l   14 days ago  

 

Duisende tieners stroom dié naweek na Bela-Bela waar die bekende #Imagine-kamp aangebied word.


Duisende Christentieners van regoor die land stroom dié naweek na Bela-Bela waar hulle buite die dorp by die Zwartkloof-kampterrein saamtrek vir die #Imagine-kamp. 

#Imagine is ’n Christenbeweging wat daarop fokus om hoop te bring en jong leiers te ontwikkel.

Vanjaar se #Imagine-kamp is die vyfde een wat aangebied word.

Die beweging is begin deur die gospel-sanger Louis Brittz as ’n poging om die jeug te motiveer om alles te wees wat hulle in Christus kan wees; vandaar die naamsame-stelling Image-in.

Die afgelope vier jaar is daar ’n groot nasionale byeenkoms in Bothaville in die Vrystaat gehou. Kinders van regoor die land, asook Botswana en Namibië, het dié kamp bygewoon.

Volgens ds. Otto Clasen van die NG Moedergemeente in Bela-Bela, is daar verlede jaar sowat 80 kinders uit Bela-Bela na Bothaville geneem. Dit was egter ’n relatiewe duur oefening met baie logistieke uitdagings. Die behoefte het ontstaan om ook dié kamp plaaslik aan te bied en die bal is aan die rol gesit.

Volgens Clasen word daar tot 3 000 tieners by vanjaar se Bela-Bela-kamp verwag. Kinders kom van so ver as Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Botswana en selfs Zimbabwe.

Plaaslike gemeentes beman werkstasies by die kamp. Die res van die program word deur die bestuurspan van #Imagine hanteer.

• Die #Imagine-kampe word vanjaar in Bredasdorp, Bothaville, Bela-Bela en Jeffreysbaai aangebied.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories