HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Munisipaliteit het groot uitbreidingsplanne vir Bela-Bela-vliegveld


   16 March 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 311   l   36 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Daar is groot planne om die Bela-Bela-vliegveld op die R101 na Radium op te gradeer en ’n vliegskool daar te stig.

Credovision CC, wat as Eagle’s Paradise sake doen, het ’n aansoek by die Bela-Bela-munisipaliteit ingedien om die grond te huur en die vliegveld te bedryf, lui ’n munisipale verslag wat Die Pos onder oë gehad het.

Die grond behoort aan die munisipaliteit en is vir jare deur die Valke-vliegklub bestuur. 

Die verslag lui dat indien daar goedkeuring aan die maatskappy verleen word om die grond te huur, moet Credovision toesien dat ’n uitbreiding vir ’n vliegskool en ’n instandhoudingsaanleg vir vliegtuie gebou word. ’n Brandstofaanleg sal ook vir 138 000 liter Avgas-, 138 000 liter Jet A1-, 138 000 liter diesel- en 76 000 liter parafientenks gebou moet word. Die ooreenkoms bepaal verder dat die aanloopbaan opgegradeer moet word en die vliegveld beter omhein word.

’n Aansoek vir ’n impakstudie is reeds verlede jaar in Maart ingedien en bykomen-de strukture is intussen aangebou.

Die munisipaliteit hoop om hierdeur verhoogde inkomste, ’n toename in toerisme, beter bemarking en werkskepping in die lugvaartbedryf te verseker.

Die enigste uitgawe wat die munisipaliteit moet aangaan, is om ’n waardeerder aan te stel wat die verhuringsbedrag sal bepaal. ’n Aansoek om die grond van landbou- na dorpsgebied te hersoneer, is ook luidens die verslag ingedien.

’n Bron het aan Die Pos gesê ’n bestuurskomitee is ook intussen op die been gebring om die vliegveld te bestuur, wat lede van die Valke-vliegklub, asook die munisipaliteit insluit.

Tinus Ras, DA-raadslid, het by navraag gesê die impakstudie is reeds voltooi en die raad het magtiging gegee dat Credovision slegs aan vliegtuigeienaars brandstof mag verskaf en nie aan die publiek nie. Daar is nog onsekerheid oor die vordering van die reëlings met die vliegskool, het hy gesê.

“Ons glo die proses is nie van die begin af korrek hanteer nie, maar regstellende optre-de het sedertdien plaasgevind,” het Ras gesê. “Verder is daar nog onsekerheid oor die huurbedrag van die vliegveld, maar daar moet toegesien word dat die bedrag mede-dingend is vergeleke met wat ander brand-stofondernemings in die dorp betaal.”

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories