HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Sakekamer reik hand uit na buurdorpe


   16 March 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 222   l   35 days ago  

 


Die Waterberg-sakekamer in Modimolle het die nuwe jaar vol planne aangepak.

Die kamer het vanjaar reeds ’n 15% groei in nuwe lede gehad. Hulle het nou 130 lede wat sakelui en boere insluit.  

Wiets Botes, voorsitter, het gesê dat hulle aanpassings aan hul maandelikse byeenkomste gemaak het. 

“Ons kry sprekers wat kennis deel of andersins waarde toevoeg tot ons lede se lewens. Sakelui kry dan die waardevolle geleentheid om kennis te maak en sake-bande te smee met tussen 80 en 120 ander mense wat ook sake in die omgewing doen, asook rolspelers soos die burgemees-ter en munisipale amptenare,” het hy gesê.

Die sakekamer kom weer op Donderdag 15 Maart by die Koro Creek-klubhuis in Modimolle byeen. Die vergadering begin om 18:30. Diana Jansen, motiveringspreker en lewensafrigter, is die gasspreker. 

Rob Tooley, LUR vir finansies in Limpopo, sal die spreker tydens die April-byeenkoms wees. Die aand word geborg deur Anglo Platinum in Mokopane en sakelui kan hoor watter sakegeleenthede mynbou vir hulle inhou. 

“Ons kyk daarna om lidmaatskap uit te ruil met landbou-organisasies. Baie van die boere is sakemanne en baie van die sakemanne is boere,” het Botes gesê. 

Hy nooi ook sakelui van buurdorpe om by hulle in te skakel. “Ons val in dieselfde munisipaliteit as Mookgophong en het dieselfde uitdagings. As ons buurdorpe se sakelui saam met ons werk, sal ons ’n sterker organisasie wees om probleme aan te pak. Andersins kan hulle by ons kom kers opsteek,” het hy gesê. 

Vir meer inligting, skakel die Waterberg-sakekamer se kantoor soggens by tel. (014) 007 0572 of stuur ’n e-pos aan info@waterbergsake.co.za(.)

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories