HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Orkes as gewildste aangewys


   16 March 2018   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 87   l   35 days ago  

 

Die Bosveld-boeremusiekorkes is as die gewildste orkes tydens ’n boeremusiekfees aangewys. Op die foto is Philip Kruger, Eugene van Heerden, Lydia Siese, Schalk Siese en Willie Mynhardt.


’n Groot eer het die Bosveld-boeremusiekorkes van Mookgophong te beurt geval toe hulle as gewildste orkes tydens ’n boeremusiekfees van die boeremusiekgilde in Kemptonpark aangewys is. 

Die fees is op Saterdag 3 Maart deur die Witwatersrandtak van die gilde aangebied.

Die Verweg-boeremusiekorkes van Mookgophong, onder leiding van Connie du Toit, was ook by die fees en het ’n tweede prys vir die gewildste orkes verwerf. Die twee orkeste was die enigste twee uit Limpopo wat ingeskryf het. 

Altesame 13 boereorkeste het deelgeneem. Die Bosveld-orkes staan onder leiding van Lydia Siese. Die Pos het met haar en haar man, Schalk, oor die toekenning gesels.

Die Siese-egpaar, wat albei lede van die orkes is, woon nou vir twee jaar in Gholfpark, Mookgophong, en die Bosveld-boereorkes is ongeveer ’n jaar gelede deur Lydia begin.

Lydia speel die baskitaar en Schalk die konsertina en banjo. Hy is ook ’n lid van die Verweg-orkes en speel gereeld saam met hulle by geleenthede. Hy het op die Hoëveld in Standerton grootgeword en het van Ermelo na Mookgophong verhuis. “Ek het myself geleer speel en geniet dit baie,” het hy gesê.

Lydia is ’n gebore Kapenaar van Parow en het van kleins af kitaar gespeel. Haar oorlede man, die bekende boereorkesleier, Nico van Rensburg, het haar die baskitaar geleer speel, het sy vertel. Schalk het haar geleer om die konsertina en banjo te speel.

Daar was verskeie trofeë en kontantpryse vir individuele musikante op die verskillende instrumente. Lydia het ’n eerste plek behaal op baskitaar en Schalk is aangewys as beste banjospeler. Twee ander lede van die orkes het ook eerste plekke gekry: Philip Kruger vir hoofkitaarspeler en Willie Mynhardt vir ritmekitaar.

“Ons het die fees baie geniet en is trots op die lede en hul toekennings,” het Schalk gesê. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories