HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Dag Zero dreig ook in Bosveld


   16 March 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 1977   l   35 days ago  

 

Nie 'n mooi prentjie nie, maar realiteit. Foto ter illustrasie


Waterbergers se Dag Zero (die dag waarop drinkwater uit krane opdroog) is nader as Kaapstad s’n, waarsku ’n woordvoerder van die nasionale departement van water. 

Die Donkerpoortdam in Modimolle se bruikbare watervlak het verlede week op ’n skamele 14% gestaan, wat beteken dat die dam slegs water vir ’n verdere 80 dae kan voorsien. Die Frikkie Geyserdam in Mookgophong het slegs 16% bruikbare water oor. Dié dam kan vir nog 75 dae water lewer, het Thabang Selamela, die afdelingshoof van waterdienste by die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, gesê. 

Die Donkerpoortdam lewer 43% van Modimolle se water, met 14 boorgate en Magalies Water wat die res verskaf. Die Frikkie Geyserdam lewer 60% van Mookgophong se water en die res kom van boorgate af.

Die departement van waterwese het vandeesweek begin met ’n bewusma-kingsprogram in Modimolle om mense aan te moedig om water te bespaar. Themba Khumalo, woordvoerder van die departement, het gesê dit is die einde van die reënseisoen, maar die damme is nog leeg. Hy het gesê waterbesparing is ’n ernstige saak omdat die kanse goed is dat die krane gedurende die winter kan opdroog.

Die Donkerpoortdam was vier jaar gelede vol. “Die laaste keer dat die dam se wal oorgeloop het, was op 20 Maart 2014,” het Selemela gesê.

Khumalo het gesê hulle sal met die munisipaliteit skakel oor dié dreigende krisis. Hulle sal ook boere besoek en vra dat hulle minder besproei en entrepreneurs soos motorwassers vra om hul waterverbruik te verminder. 

Hy sê indien die beskikbare water baie min raak, sal die watertoevoer gerantsoeneer word. “Huishoudings sal dan slegs soggens en saans water hê sodat hulle kan was en kook. Daar sal nie deur die dag water beskikbaar wees nie,” het hy gesê. “Magalies Water, wat ’n staatsinstelling is, sal in so ’n geval water aanry na die dele wat geraak word.”

* Bela-Bela word nie tans deur die watertekort geraak nie aangesien die damvlak op 42% staan, het hy gesê. Dit kan later verander. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories