HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Treinspoor vertel ’n storie


   09 February 2018   l   Lorrain Loots    l   Views: 324   l   13 days ago  

 

Die ou spoorlyn tussen Spoorweglaan en Voortrekkerweg op Vaalwater is die stille getuienis van ’n vervloë era toe treine dikwels die enigste verbinding tussen dorpe was.


Die sagte grasspruitjies tussen die ou Vaalwater-spoorlyn is ’n teken van nuwe groei, maar die staalspore vertel ook ’n storie van lank gelede.

In 1925 is ’n spoorlyn van 74 km tussen die destydse Nylstroom en Vaalwater gebou.

Dié spoorlyn was die omgewing se hartklop en die vervoer van passasiers en goedere tussen dié twee stasies was destyds ’n bekende gesig.  

Die treinstasie op Vaalwater was die middelpunt en vandaar het verskeie paaie dieper die Waterberg in vertak.

Die plaas Vaalwater is in 1945 in erwe opgedeel en die eerste huis was die eiendom van ene mnr. Kirkman. 

Die inwoners van Vaalwater ken deesdae dié huis as “die wit huis op pad Spar toe”.

Daar pronk 70 jaar later geen wolke-krabbers in Voortrekkerweg — die dorp se hoofstraat — óf op die R33-pad nie. Die dorp het egter ’n bekoring van sy eie met inwoners, bywoners, deurryers, inloerders met viertrekvoertuie en donkiekarre wat teer- en sandpaaie deel. 

’n Dorp waar die plaas-, dorp- en landelike gemeenskap ’n lewe maak en die destydse trein vervang is deur taxi’s en motors wat gereeld die R33-teerpad tussen Vaalwater en Modimolle aanpak.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories