HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Weerlig bring reën én skade


   02 February 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 324   l   20 days ago  

 

Weerlig het Maandagnag ’n elektriese eenheid op die hoek van De Beer- en Gholfstraat op Modimolle raakgeslaan. Dit het ’n groot deel van die dorp sonder elektrisiteit gelaat. 


Groot dele van Modimolle is vandeesweek sonder elektrisiteit en water gelaat nadat weerlig op Maandagnag 29 Januarie groot skade aan die dorp se kragnetwerk aangerig het. 

Die gevolg van die krag wat af was, was dat die munisipaliteit ook nie water vanuit die opgaardamme kon pomp nie. 

Die weerlig het Maandagnag ’n elektriese eenheid op die hoek van De Beer- en Gholf-straat raakgeslaan wat vir groot hoofbre-kens gesorg het. 

“Die weerlig het die kabels in die Ring Main Unit (RMU) gebrand. Die slegte nuus is dat die onderdele hiervoor nie maklik beskikbaar is nie omdat dit spesialison-derdele is wat benodig word,” het raadslid Sarna Groenewald, gesê. 

’n Hyskraan is ook nodig om die substasie op te lig sodat die herstelwerk gedoen kan word. 

“Hoewel daar stakings was, het die elektriese-span nie gehuiwer om in te spring om oplossings te soek nie,” het sy gesê.

Inwoners het erg te velde getrek op die munisipaliteit se WhatsApp-diensle-weringsgroep. Beweringe dat weerligafleiers nie aan die voorgeskrewe standaarde voldoen het nie, instandhoudingswerk nie gedoen is nie en klagtes dat die elektriese span glo te lank neem om die pro-bleem op te los, is geopper. 

Werk aan die beskadigde eenheid het teen Woensdagoggend nog nie begin nie omdat daar gewag is vir die onderdele.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories